ATLETIEK

Francois Jacobs het ‘n uitsonderlike prestasie tydens die SA-skole atletiekbyeenkoms in Potchefstroom gehaal.

Francois het ‘n goue medalje vir die 10 000m stap verwerf en in die proses die 15 jaar-oue rekord verbeter na 46min18,67sek.

Francois word deur die ASA as een van nege atlete verkies om SA van 5 en 6 Mei, in Taicang China by die IAAF wêreldstap kampioenskappe te verteenwoordig.