MONTIES PRESTEER

MONTIES PRESTEER

Na die onlangse Skryf-en Dink kompetisie wat deur die WKOD geloods is, het HS Montana eers die Wynlanddistrik gewen en daarna die Wes-Kaap, deur die eerste drie posisies in te neem. Die wenners het elkeen n prys ontvang. In die foto verskyn vlnr:  Mnr Chris Banda (Hoof vakadviseur Afrikaans)< Tamryn Jordaan (tweede plek algeheel), Bianca Coetzee (eerste plek algeheel), Joré van Wyk (derde plek algeheel), mnr Immanuel Europa (vakadviseur vir Afrikaans in die Wynland) en me Laetitia van Heerden (Akakdemiesehoof en vakonderwyser vir Afrikaans).
Monties presteer
GIMNASTIEK

GIMNASTIEK

Bernae George is opgeneem in die Wes-Kaap Ritmiese Gimnastiekspan wat eerskomende vakansie aan die SA-kampioenskappe gaan deelneem.

 

Tygerberg Internasionale Eisteddfodd

Tygerberg Internasionale Eisteddfodd

Hendré Jacobs, ‘n graad 9 leerder, het tydens die Tygerberg Internasionale Eisteddfod trofeë
gewen vir Poetry en Gedramatiseerde prosa vir die beste graad 9 seun.
STOEI

STOEI

Edwin Theron, ‘n graad 8,  is gekies om die Kaapse Wynlandspan te verteenwoordig by die SA-Kampioenskappe in Kaapstad.

 

 

Magaliesburg

Magaliesburg

WG vd Walt is gekies om die Wes-Kaap te gaan verteenwoordig by die Nasionale Finale rondte op Magaliesburg gedurende Oktober vakansie.  WG verwerf  ook sy Wes-Kaap Kleure vir WP Cross Country (XCO) MTB.