MONTANA SE ONNIES PRESTEER

MONTANA SE ONNIES PRESTEER

Buiten die matriekklas van 2018 wat puik presteer het en Francois Jacobs wat die toppresteer in Worcester was met ‘n gemiddeld van 94,14% en A’s vir al 9 sy vakke verwerf het, het Montana se onderwysers ook puik presteer met die NSS-eksamen vakuitslae.

Me Laetitia Van Heerden bied Afrikaans Huistaal as vak vir al die gr. 12-leerders aan. Bereken volgens die persentasie A-gemiddeldes in die vak, het haar matrieks SESDE NASIONAAL geëindig. Haar matrieks eindig reeds vir ‘n klompie jare agtereenvolgens onder die Top 10-skole in die land.

Me Estelle Jacobs bied Engels Huistaal as vak vir die gr. 12-leerders aan. Die leerders wat Engels Huistaal as vak geneem het eindig TWEEDE in die Wynlanddistrik, net na Hoër Meisies Bloemhof. Wat die prestasie merkwaardig maak is dat die lys engelsmedium skole insluit.

Ons is baie trots op ons Onnies wat soveel beteken vir al hul studente en wat Montana se naam hoog hou.

MATRIEKUITSLAE – 2018

MATRIEKUITSLAE – 2018

 As daar een ding is wat altyd ‘n gegewe is, is dit dat ons monties presteer en altyd hoog op die ranglys is, en ons kan niks minder sê van laasjaar se matriekgroep nie. Elkeen het uitgeloop met iets nuuts, of dit nou ‘n nuwe uitkyk of die lewe en goed vasgelëe morele waardes is of ‘n 90% gemiddeld, hulle is definitief wenners.