WISKUNDESENTRUM

WISKUNDESENTRUM

Hoërskool Montana glo daarin om die gewone dinge buitengewoon goed te doen. Me Breedt, Departementshoof Wiskunde, gaan elke middag gratis, ekstra wiskundeklasse vir Montana se leerders aanbied. Hierdie klasse is bykomend van die bestaande hulpklasse wat deur die vakonderwysers aangebied word. Om te verseker dat al die leerders voordeel hieruit verkry, is die vasgestelde reëling soos volg:

Gr.8 Maandag 14:15 – 15:00
Gr.9 Dinsdae 14:15 – 15:00
Gr.10 Woensdae 14:15 – 15:00
Gr.11 Donderdae 14:15 – 15:00
Gr.12 Dinsdae en Donderdae 15:00 – 15:45.

Laerskoolleerders wat belangstel in ekstra klasse moet asb die skool skakel vir meer inligting.

TOPPRESTEERDERS 2019

TOPPRESTEERDERS 2019

Ons is baie trots op ons Matrieks van 2019! Wat die bogenoemde leerders se uitslae besonders maak, is die feit dat hulle onder andere die sogranaamde “moeilike vakke” wat Wiskunde, Fisiese Wetenskappe, Engels Huistaal en Afrikaans Huistaal insluit, geneem het.

Baie geluk!

ONNIE PRESTEER

ONNIE PRESTEER

Baie geluk aan me Laetitia van Heerden met die puik prestasie wat sy met 2019 se gr.12 leerders, tydens die NSS-eksamen behaal het. Montana het 9de van al die skole in die land geëindig. Dit is verseker ‘n puik prestasie en ons is baie trots op haar.