FASILITEITE & LIGGING
FISIESE GERIEWE
Ons skool is seker een van die netjiesste en goedversorgde skole in die land. Ons ontvang daagliks komplimente van die gemeenskap en selfs toeriste en verbygangers.
Ons weet en glo dat die meeste van ons leerders dankbaar en trots is op ‘n mooi en netjiese skool en dat almal gedurig moet saamwerk met die instandhouding daarvan.
Afgesien van instandhouding wat nooit ophou nie en deur die jaar plaasvind, word verskillende projekte aangepak:
- Implementering van taalontwikkelings- en wiskundige programmatuur in al die grade
- E-leer in al die onderriglokale d.m.v. die nuutste tegnologie
- Opgradering van leerder kleedkamer geriewe
Klue straat | FairyGlen | Worcester | 6850
GPS: -33.63117, 19.4459999
FASILITEITE:
- 3 x toegeruste rekenaarlokale
- bistro
- nasorg
- snoepie
- pawiljoene
- sekuriteitheining
- Ingangshek by sportterrein/adminblok
- Sportsentrum
- Kultuursentrum
- velde en bane vir: atletiek, hokkie, netbal, rugby, tennis, toutrek, krieket