Met die skool wat binnekort weer stelselmatig gaan heropen, is dit noodsaaklik dat sekere volhoubare maatreƫls in plek gestel word om te verseker dat ons gemeenskap en leerders veilig bly en ons die skooljaar sonder enige verdere onderbrekings kan voltooi.

Die doel van hierdie riglyne is om die veiligheid van elke leerder, personeellid en ouer verbonde aan Hoƫrskool Montana te verseker en aan almal gemoedsrus te gee.