Hoërskool Montana glo daarin om die gewone dinge buitengewoon goed te doen. Me Breedt, Departementshoof Wiskunde, gaan elke middag gratis, ekstra wiskundeklasse vir Montana se leerders aanbied. Hierdie klasse is bykomend van die bestaande hulpklasse wat deur die vakonderwysers aangebied word. Om te verseker dat al die leerders voordeel hieruit verkry, is die vasgestelde reëling soos volg:

Gr.8 Maandag 14:15 – 15:00
Gr.9 Dinsdae 14:15 – 15:00
Gr.10 Woensdae 14:15 – 15:00
Gr.11 Donderdae 14:15 – 15:00
Gr.12 Dinsdae en Donderdae 15:00 – 15:45.

Laerskoolleerders wat belangstel in ekstra klasse moet asb die skool skakel vir meer inligting.