FASILITEITE EN LIGGING
FASILITEITE
Ons skool is een van die netjiesste en goedversorgde skole in die area. Ons leerders is trots op ons skool se netheid en werk voortdurend saam om dit te handhaaf.
● 26 klaskamers
● 6 badkamers
● 6 sportkleedkamers/ aantrekkamers
● skoolsaal
● 3 x toegeruste rekenaarlokale
● kafeteria
● snoepie
● pawiljoen
● 360 grade sekuriteitsheinings
● ingangshekke by sportterrein en administrasieblok
● sportsentrum
● kultuursentrum
● velde en bane vir: atletiek, hokkie, netbal, rugby, tennis, toutrek, gholf en krieket
Ons skool is sonder twyfel een van die netjiesste en bestversorgde skole in die land. Ons ontvang daagliks komplimente van lede van die gemeenskap, asook van toeriste en verbygangers.
Ons glo dat die meerderheid van ons leerders trots en dankbaar is om deel te wees van ’n skoon, goedversorgde skoolomgewing, en ons vertrou dat almal voortdurend sal saamwerk om dit so te hou.
Benewens die deurlopende instandhouding wat regdeur die jaar plaasvind, word daar ook verskeie projekte aangepak, onder andere:
-
Die implementering van taalontwikkelings- en wiskundeprogrammatuur in alle grade
-
Die integrasie van e-leer in alle klaskamers deur middel van die nuutste tegnologie
-
Die opgradering van leerderkleedkamers en -geriewe

GUNTHER VON BENTHEIM EN SY TERREINSPAN
Mnr. Gunther von Bentheim is ’n bekende en geliefde figuur op Hoërskool Montana se terrein. Met ’n onwrikbare toewyding en ’n fyn oog vir detail sorg hy en sy terreinspan dat ons skoolgronde altyd pynlik netjies en keurige versorg is. Elke graspol, paadjie en tuinperk dra die merk van sy trots en perfeksionisme.
Mnr. Von Bentheim se verbintenis met Hoërskool Montana strek oor geslagte.Hy is reeds vir dekades betrokke by die instandhouding van die skoolgronde, en dié nalatenskap leef voort in sy werk. Vir hom is dit nie bloot ’n beroep nie, maar ’n roeping – en die skoolterrein is sy trots. Hy beweeg met ’n waardigheid en ’n rustige sekerheid oor die perseel, met die wete dat elke blom wat blom, elke grasstrook wat reguit sny, ’n verlengstuk van sy trots is.
Onder sy leiding funksioneer die terreinspan met militêre presisie. Hulle begin hul dag lank voordat die skoolklok lui, en maak seker dat elke hoek en draai van die terrein gereed is om ons leerders en personeel met netheid, orde en ’n gevoel van trots te verwelkom. Selfs besoekers en verbygangers merk gereeld op hoe uitsonderlik netjies en goedversorg die skool is – ’n getuigskrif aan Mnr. Von Bentheim en sy span se harde werk.
Sy toewyding aan die instandhouding van die terrein gaan gepaard met ’n diep liefde vir Hoërskool Montana en sy geskiedenis. Mnr. Von Bentheim is nie net ’n opsigter van die grond nie – hy is ’n bewaarder van nalatenskap en ‘n simbool van onwrikbare diensbaarheid. Ons is dankbaar om hom as deel van ons skoolgemeenskap te hê.
HUUR VAN FASILITEITE
SPORTSENTRUM
VERHURING AAN PUBLIEK- 12 Tafels van (4 elk)
- 48 Stoele
- 48 Groot & klein borde
- 48 Nageregbakkies
- 48 Bierglase
- 48 Bierglase
- 48 Wynglase
- 48 Sjampanje-glase
- 48 Koffie-koppies + pierings
- 48 Eetgerei
- Gebruik van badkamer
- Gebruik van kombuis
- Gebruik van braaigeriewe
SPORTSENTRUM
VERHURING VIR MONTANA REÜNIE- 12 Tafels (4 elk)
- 48 Stoele
- 48 Groot & klein borde
- 48 Nageregbakkies
- 48 Bierglase
- 48 Bierglase
- 48 Wynglase
- 48 Sjampanje-glase
- 48 Koffie-koppies + pierings
- 48 Eetgerei
- Gebruik van badkamer
- Gebruik van kombuis
- Gebruik van braaigeriewe
Enige navrae, versoeke, reëlings en besprekings in verband met die sportsentrum moet skriftelik met die sekretaresse van die skool bespreek word.Vraelys moet voltooi en onderteken word.
By alle gevalle sal die volgende van toepassing wees:
- 50% Deposito betaalbaar met bespreking om datums te verseker. Geen datums sal uitgehou word sonder ‘n 50% deposito nie. Deposito’s is nie terugbetaalbaar nie.
- In die geval van enige breekskade, sal die persoon/instansie verantwoordelik wees vir die vervangingskoste/herstelwerk daarvan.
- Indien die funksie/konferensie gekanselleer word binne 2 weke vanaf die funksie datum, word die deposito verbeur.
- Gebruik van die sentrum is op eie risiko.
- Geen meubels mag addisioneel ingedra word nie. Geen meubels mag uit die sentrum verwyder word nie.
- Skoonmaakfooi is nie onderhandelbaar nie. Hierdie fooi word aan ‘n buite instansie betaal vir skoonmaakdienste.
Ons ervaring by die Sportsentrum was absoluut uitsonderlik! Die saal is die perfekte grootte om ’n warm en gesellige atmosfeer te skep – ideaal vir enige geleentheid. Of jy nou ’n klein groepie vriende of ’n groter geselskap wil onthaal, die ruimte pas perfek by jou behoeftes. Dit is die ideale plek om saam te kuier, te lag en spesiale herinneringe te maak. Ons sal beslis weer van die fasiliteit gebruik maak!