SKOOLLIED

LIRIEKE

In die skuiling van jou mure
groei ons jeug se mooiste ure
tot ‘n roeping en ‘n taak:
om die hoop van voorgeslagte,
deur geloof en al ons kragte,
werklikheid vandag te maak.

Daarom bly ons oop, ontvanklik,
van jou voedingsbron afhanklik,
waar jy bou aan gees en hand:

en ons loof Gods groot genade
vir geleentheid en vir gawe
om te werk vir volk en land.

REFREIN

Hoërskool Montana, jy besiel ons
vasberade opwaarts steeds te streef.
Lojaal bly ons jou al ons lewensdae:
Mag jy heerlik in jou taak bly leef!
Ja, roemryk bly leef!