VISIE EN MISSIE
VISIE
Montana streef om aan kinders in Worcester ‘n gebalanseerde opvoeding, van gehalte te lewer deur die skool so te bestuur dat uitvoering gegee word aan die belofte:
“…Waar elke kind belangrik is….!
MISSIE
Ter bereiking van ons strewe, stel ons dit ten doel om:
- die Hoërskool Montana toeganklik vir alle gelowe, alhoewel die meerderheid van ons leerders die christelike geloof aanhang, te bedryf;
- onderrig deur middel van Afrikaans as voertaal aan te bied;
- akademiese prestasie altyd die hoogste voorrang te laat geniet, maar nogtans ‘n gesonde balans te handhaaf tussen akademie, sport, kultuur en ander buitemuurse bedrywighede
- ‘n klimaat van gesonde, konstruktiewe dissipline te handhaaf
- die menswaardigheid van almal te respekteer, en gelyke geleenthede aan alle leerders te bied
- ‘n eie besondere karakter, etos en tradisie te handhaaf.
- altyd ‘n toepaslike-gekwalifiseerde, ervare, gemotiveerde en aanpasbare personeelkorps in diens te hê wat oor die nodige empatie en toewyding beskik om die beste uit elke leerder te haal.
- ‘n wye gebalanseerde vakkeuse aan te bied wat aan huidige, sowel as toekomstige behoeftes sal voldoen
- ‘n trots in, en lojaliteit aan, die Hoërskool Montana by sy leerders, oud-leerders, ouers en personeel te kweek en te handhaaf;
- hul samewerking en ondersteuning deurlopend op alle terreine te verkry en te behou;
- altyd puik fasiliteite beskikbaar te hê, te onderhou en te ontwikkel, maar met inagneming van die bekostigbaarheid van onderwys vir almal.
WAARDES
- Lojalitieit
- Trots
- Integriteit
- Respek
- Selfdissipline
- Omgee
- Eerlikheid
TOEKOMSGERIG
Montana waarborg u kind se toekoms, want hier leer ons u kind:
- om te werk;
- om positiewe gesindhede te ontwikkel;
- om verantwoordelikheid te aanvaar;
- om te kommunikeer
- om probleme te deurdink
- om blymoedig en gelukkig te wees