VISIE & MISSIE
VISIE
Montana streef om aan kinders in Worcester ‘n gebalanseerde opvoeding, van gehalte te lewer deur die skool so te bestuur dat uitvoering gegee word aan die belofte:
“…Waar elke kind belangrik is….!
MISSIE
Ter bereiking van ons strewe, stel ons dit ten doel om:
- die Hoërskool Montana toeganklik vir alle gelowe, alhoewel die meerderheid van ons leerders die christelike geloof aanhang, te bedryf;
- onderrig deur middel van Afrikaans as voertaal aan te bied;
- akademiese prestasie altyd die hoogste voorrang te laat geniet, maar nogtans ‘n gesonde balans te handhaaf tussen akademie, sport, kultuur en ander buitemuurse bedrywighede
- ‘n klimaat van gesonde, konstruktiewe dissipline te handhaaf
- die menswaardigheid van almal te respekteer, en gelyke geleenthede aan alle leerders te bied
- ‘n eie besondere karakter, etos en tradisie te handhaaf.
- altyd ‘n toepaslike-gekwalifiseerde, ervare, gemotiveerde en aanpasbare personeelkorps in diens te hê wat oor die nodige empatie en toewyding beskik om die beste uit elke leerder te haal.
- ‘n wye gebalanseerde vakkeuse aan te bied wat aan huidige, sowel as toekomstige behoeftes sal voldoen
- ‘n trots in, en lojaliteit aan, die Hoërskool Montana by sy leerders, oud-leerders, ouers en personeel te kweek en te handhaaf;
- hul samewerking en ondersteuning deurlopend op alle terreine te verkry en te behou;
- altyd puik fasiliteite beskikbaar te hê, te onderhou en te ontwikkel, maar met inagneming van die bekostigbaarheid van onderwys vir almal.
WAARDES
- Lojalitieit
- Trots
- Integriteit
- Respek
- Selfdissipline
- Omgee
- Eerlikheid
TOEKOMSGERIG
Montana waarborg u kind se toekoms, want hier leer ons u kind:
- om te werk;
- om positiewe gesindhede te ontwikkel;
- om verantwoordelikheid te aanvaar;
- om te kommunikeer
- om probleme te deurdink
- om blymoedig en gelukkig te wees