AKADEMIE
By Montana word onderrig in Afrikaans aangebied. Klasse se grootte is gemiddeld 25-30 om te verseker dat elke leerder die nodige aandag kry wat hy/sy verdien. Akademie word as die belangrikste prioriteit geag en ons streef daarna om elke jaar te verbeter en leerders te help om nog beter te presteer.
In graad 10 kan leerders uit ‘n wye verskeidenheid vakke kies. Die onderwysers is altyd daar om die leerders te help en gratis ekstra klasse word in die middae, indien die leerders ekstra hulp of verryking verlang, aangebied.
Montana is bekend vir sy akademiese prestasies van hoogstaande gehalte. Die afgelope jaar was ook geen uitsondering nie.
Meer inligting oor die vakkeuses wat by Montana beskikbaar is kan bekom word deur die skakels aan die regterkant te gebruik. Deur die skakel aan die onderkant te gebruik kan die huidige asseseringprogramme besigtig word.
AKADEMIE NUUS
HOOFLEIERS VIR 2022
Hoofleiers vir 2022
WISKUNDESENTRUM
Hoërskool Montana glo daarin om die gewone…
TOPPRESTEERDERS 2021
Ons is baie trots op ons Matrieks van 2021…
ONNIE PRESTEER
Baie geluk aan me Laetitia van Heerden met…
DUX-LEERDERS VAN 2021
Baie geluk aan ons eie 2021 Dux Leerders…
MONTANA SE ONNIES PRESTEER
Montana se onderwysers ook puik presteer…
TOP 10: DERDE KWARTAAL 2021
As daar een ding is wat altyd ‘n gegewe is, is dit dat ons monties presteer en altyd hoog op die ranglys is.